PRIME MEMBER EXCLUSIVE | 3 Months Free Trial

Auto-renews at INR 199/mo after 3 months. Cancel anytime. Offer ends 15 July, 2026.
13 uur cover art

13 uur

Preview
LIMITED TIME OFFER
3 Months Free Trial
Get this deal
Offer ends on 15 July, 2026 at 11:59 PM IST.
1 credit a month to use on any title.
Listen to anything from the Plus Catalogue—thousands of Audible Originals, podcasts and audiobooks.
₹199 per month after 3 months. Renews automatically. Cancel anytime. Offer ends 15 July, 2026 at 11:59 PM IST.
Download titles to your library and listen offline.

13 uur

Written by: Deon Meyer
Narrated by: Nic De Jager
Get this deal

₹199 per month after 3 months. Renews automatically. Cancel anytime. Offer ends 15 July, 2026 at 11:59 PM IST.

Buy Now for ₹546.23

Buy Now for ₹546.23

Uiteindelik is dié blitsverkoper nou ook as luisterboek beskikbaar! Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ‘Kaptein Bennie Griessel’. Dit klink vir hom reg. Behoort ʼn redelik normale dag te wees.

Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red. Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het? Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde’. En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart. Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2013 Deon Meyer (P)2013 NB Publishers
Genre Fiction Literary Fiction Mystery Romantic Suspense
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet