Mevrou Mevrou cover art

Mevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

Written by: JacPod
Listen for free

Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Audio design: Ethan Baird.JacPod Social Sciences
Episodes
  • 40 is Fabulous III
    Jun 2 2026
    Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir ’n hele maand se partytjies voor te berei nie – hulle brand te vinnig uit. Dianne Broodryk het intussen goed geleer wat om met daardie kort glasies drank te doen wat sy net nie meer kon sluk nie. Luister na die Mevrouens se lys van wenke om ’n reeks partytjies in styl te oorleef, sonder om jou naam teen ’n plank te slaan... Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    19 mins
  • 40 is Fabulous II
    May 26 2026
    Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de Sousa se plooi goed te looi. Wat daarna gebeur, was vir altwee Mevrouens ’n verrassing. En daar leer hulle iets nuuts: spuit kom nooit te laat nie! Luister hier na hulle eerste gesamentlike afspraak by ’n dokter van ’n ander aard … Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins
  • 40 is Fabulous I
    May 19 2026
    Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs. Hulle skop hierdie spesiale mini-reeks af saam met twee van hulle kollegas, oor hoe ’n vrou in haar veertigs behoort te gedra. Is veertig oor die muur, of net die begin? Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    27 mins
adbl_web_anon_alc_button_suppression_t1
No reviews yet