• 40 is Fabulous III
    Jun 2 2026
    Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir ’n hele maand se partytjies voor te berei nie – hulle brand te vinnig uit. Dianne Broodryk het intussen goed geleer wat om met daardie kort glasies drank te doen wat sy net nie meer kon sluk nie. Luister na die Mevrouens se lys van wenke om ’n reeks partytjies in styl te oorleef, sonder om jou naam teen ’n plank te slaan... Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    19 mins
  • 40 is Fabulous II
    May 26 2026
    Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de Sousa se plooi goed te looi. Wat daarna gebeur, was vir altwee Mevrouens ’n verrassing. En daar leer hulle iets nuuts: spuit kom nooit te laat nie! Luister hier na hulle eerste gesamentlike afspraak by ’n dokter van ’n ander aard … Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    21 mins
  • 40 is Fabulous I
    May 19 2026
    Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs. Hulle skop hierdie spesiale mini-reeks af saam met twee van hulle kollegas, oor hoe ’n vrou in haar veertigs behoort te gedra. Is veertig oor die muur, of net die begin? Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    27 mins
  • Mevrou vier die veertigs
    May 15 2026
    Mevrou Mevrou is terug met ’n spesiale mini-reeks om Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag te vier. In egte Mevrou styl, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie net hoe veertig deesdae lyk nie - hulle gaan ook oor tot aksie. Die Mevrouers lag, kla, knyp die oë toe, vra raad by hulle kollegas en hoop om na hierdie feestelikheid ook bietjie wyser ander kant uit te kom. Hulle bevestig wel hulle vermoede: 40 is Fabulous!

    First episode drops 19 May, 2026! Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    1 min
  • Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het
    Dec 15 2025
    Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en voel sy het die slang skubbe nou vervel en is reg vir 2026. Maar om daar te kom, moet Gerda de Sousa en Dianne Broodryk eers ’n paar swaar lasse van hulle skouers af kry, bely oor ’n paar ander goed, en dankie sê vir ’n besluit wat moontlik een van hulle se lewens gered het …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    25 mins
  • Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure
    Dec 2 2025
    Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n partytjie wat deur die buurt gaan weergalm. Dis om al daai bure terug te kry wat so gou is om die vuurwerke af te skiet, sonder dat hulle die ander inwoners of die diere in ag neem. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    19 mins
  • Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word
    Nov 25 2025
    Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in om te probeer vasstel wanneer ’n Whatsapp groep die moeite werd is om te hou en wanneer mens jouself eerder maar moet verwyder …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    24 mins
  • Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente
    Nov 18 2025
    Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag, kry gekoopte persente. Gerda de Sousa stem glad nie saam nie – of hulle nou bymekaar is of nie, sy draai iets toe vir onder die boom. En daar breek die groot gestryery toe uit ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show More Show Less
    25 mins