- VIDEO IS BESKIKBAAR OP ONS YOUTUBE- BEELDMATERIAAL IS BESKIKBAAR OP ONS INSTAGRAMLINKS ONDER IN DIE INFORMASIE ⬇️Sy was 17 jaar oud. Siek by die huis. Alleen.Toe haar pa daardie middag terugkom, staan die hek oop.Die huis is versteur. En Anika Smit lê dood in haar slaapkamer.Haar hande is verwyder.Daar was verdagtes. Daar was ’n arrestasie.Daar was selfs ’n bekentenis wat later teruggetrek is.Maar sestien jaar later is daar steeds geen skuldigbevinding nie.Geen finale antwoord nie.Net dieselfde vraag: Wie het Anika Smit vermoor?En waarom het daardie persoon haar hande saamgeneem?Vanaand gaan ons terug na 10 Maart 2010, na Theresapark in Pretoria-Noord, en na een van Suid-Afrika se mees ontstellende onopgeloste moordsake.Welkom terug by, Slaapstories vir Grootmense, jou weeklikse potgooi van Afrikaanse stories en vertellings wat jou saans sus tot in droomland. Nuwe Oom Eldee episode elke Donderdag, gelees deur Lourens Joubert. Nuwe Onder die Lamplig episodes elke eerste en derde Sondag, 'n ander lekker storie elke tweede Sondag, en 'n Nuwe Avonture van Mavis Ferreira en Lodewikus die Brak elke laaste Sondag, almal gelees deur Madelein Wessels. Laat ons weet wat jy dink van die episode, of hoe ons jou beter aan die slaap kan maak by enige van ons Sosiale Media platvorms:Linktr.ee • Patreon • Instagram • Facebook • YouTubeAs jy graag die potgooi wil ondersteun met 'n donasie: Buy Me A ...
Show More
Show Less